In die uitlewing van ons identiteit is die volgende aspekte vir ons belangrik:
Ons streef daarna om ons identiteit in Christus uit te leef deur die gawes wat die Gees aan elkeen gegee te gebruik om die Here, mekaar en ander te dien.
Ons gemeente se predikante, ouderlinge en diakens is gawes wat die Here gee om ons elkeen toe te rus vir ons diens en vir die opbou van die gemeente, as liggaam van Christus (Efesiërs 4:12).
Ons ses Aktiveringspanne, wat bestaan uit ouderlinge, diakens en ander lidmate, se doel is om elke lidmaat te aktiveer:
Ons Pastorale ouderlinge se doel is om elke lidmaat te ondersteun in sy/haar geloofsgroei, daarom doen ons pastorale ouderlinge graag tuisbesoeke by individuele lidmate en gesinne.
Die Bult-gemeente is ‘n gereformeerde kerk, wat deel is van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika . Die gereformeerde belydenis, wat ons deel met kerke regoor die wêreld is vir ons kosbaar. Die kern van hierdie belydenis word vervat in die vyf Sola-uitsprake, wat ons vanuit die 16e eeuse Reformasie ontvang het, naamlik dat:
Die vyf kernpunte vind neerslag in die Belydenisskrifte , wat ons geloof verwoord.
Die historiese wortels van die geloof wat ons in Gereformeerde Kerk Potchefstroom – Die Bult bely, gaan terug tot by die leer van die apostels in die vroeë kerk. Ons is dankbaar om saam met Christelike kerke regoor die wêreld die volgende drie Belydenisse van geloof te deel:
Tydens die Reformasie van die 16e eeu is hierdie belydenis in meer besonderhede verwoord in die geloofsbelydenisse bekend as die drie Formuliere van Eenheid.
Sondae:
Katkisasie 08:30
Oggenddiens 09:30
LeerLeef aanddiens 18:00
Sunday
10:00