Raak Betrokke

Waar kan ek betrokke raak?

Ek wil 'n lidmaat word

As jy nog nie gedoop is nie en/of graag jou openbare belydenis van jou geloof wil doen kontak gerus een van ons predikante .

As jy vanaf ‘n ander gemeente by ons wil aansluit kan jy die kerkkantoor  kontak.

Kleingroepe

Kleingroepe bied vir ons die geleentheid om te groei in ons verhoudings met mekaar, met God en met sy wêreld. Klik hier  om meer uit te vind oor ons bestaande kleingroepe, waarby jy kan aansluit.

Diensgroepe

Ons diensgroepe bied geleenthede vir ons elkeen om IN, OP en OOR die Bult betrokke te wees. Kontak gerus die onderskeie sameroepers of die kerkkantoor om in te skakel.

G5 Studente

Jy is welkom by ons!

G5 Studente is ‘n plek om te behoort.

Bybelstudies

Elke Woensdag en Donderdag om 19:00 by die G5 Koffiekamer

Vriende

Volg ons op Instagram om te sien wanneer ons volgende aksie is. Kom alleen of bring jou vriende.

Kampe

Ons kampe is geleenthede om te groei in ons verhouding met God en mekaar.

Die span

Die G5 bestuur is hier om jou te help inskakel.

Ons diensgroepe bied 'n geleentheid vir elkeen om betrokke te raak IN, OP, en OOR die Bult.

IN die Bult bedieninge
OP die Bult bedieninge
OOR die Bult bedieninge

Gebedsgroep

Die groep vergader weekliks om saam te bid vir die bediening IN, OP en OOR die Bult.

Sameroeper: Janette van der Walt

Preekbegeleiding

Ouers en ander lidmate wat tydens die oggenddiens die preek van die dag help verduidelik vir ons Gr.1-3 kinders.

Sameroeper: WD Schutte

Kleuterbegeleiding

Ouers en ander lidmate wat tydens die oggenddiens vir ons kleuters van 3-6jr Bybelse temas aanbied in die kleuterkamer.

Sameroeper: Marida van Eeden

Geloofsmentors

Lidmate wat Sondae 08:30 as geloofsmentors vir ons skoolkinders katkisasie aanbied.

Sameroeper: Adri Breed

Gesinsbediening

Beplan hoe om gesinne te betrek en te ondersteun in die uitlewing van ons gemeenteroeping.

Sameroeper:

Dataprojeksie en uitsendings

Bou dataprojeksies en hanteer lewendige uitsendings van eredienste.

Sameroeper: Hanlie Steyn

 Blommegroep

Die groep lewer elke week namens die gemeente ‘n ruiker blomme af by lidmate met wie ons meeleef.

Sameroeper: Elize Pienaar

Vertaling en taalversorging

Die diensgroep hanteer die taalversorging en vertaling na Engels van die gemeenteblad, Die Lantern.

Sameroeper: Nina Brink

Hulp met begrafnisverversings

Die diensgroep help om verversings voor te berei en te bedien tydens begrafnisse.

Sameroeper: Wilma Herbst

Omgeegroep/70-plussers

Die diensgroep bring persoonlike besoeke aan ons bejaarde lidmate, wat kamer- of huisgebonde is. Hulle bied ook sosiale geleenthede aan vir lidmate ouer as 70.

Sameroeper: Fransa Vorster en Elizabeth Steenekamp

Tegnologie

Die diensgroep fokus op die installering, instandhouding, bedryf, opdatering   en uitbreiding van die gemeente se elektroniese, klank- en videotoerusting.

Sameroeper: Jan-Adriaan Hattingh

Kommunikasie

Die diensgroep fokus op die effektiwiteit van die gemeente se kommunikasie na binne en buite met behulp van alle media.

Sameroeper: Pieter Mulder

 Liturgiese gesprekgroep

Gereelde ondersteunende gesprekke saam met die predikante met die oog op die bevordering  en verryking van ons erediensliturgie.

Sameroeper:            Hannatjie Vorster

Fasiliteite- en Infrastruktuur

Sorg vir die doelmatige gebruik, instandhouding en uitbreiding van die  gemeente se geboue en fisiese fasiliteite.

Sameroeper: SJ Steenekamp

G5 studente

Die G5 studente bestuur is verantwoordelik vir die beplanning van die bediening aan studente in ons gemeente en op die Bult.

Sameroeper: Jaco van der Walt.

Engelse Bediening

Die diensgroep sorg vir die bediening aan ons Engelse lidmate, as ook ander besoekers aan Potchefstroom in Engels.

Sameroeper:

Bult-bedieningsentrum

Die Bult-bedieningsentrum is ‘n nie-winsgewende maatskappy (NPC) wat daarop gerig is om die gemeente se bediening op die Bult uit te brei.

Sameroeper: Bertie Werkman.

e-Bediening

Die diensgroep fokus op die ontwikkeling en beskikbaarstelling van bedieningsinhoud vir elektroniese bediening van die gemeente en die wêreld daarbuite.

Sameroeper: Jan-Adriaan Hattingh

Gideons Bybelplasings

Die diensgroep doen gereelde plasings van Nuwe Testamente onder die inwoners van die Bult.

Sameroeper: Hans Gouws

Tolkdienste

Die diensgroep sorg dat al die Afrikaanse eredienste van die gemeente getolk word na Engels.

Sameroeper: Elma de Kock

Venterskroon

Die diensgroep ondersteun die bediening van Gereformeerde Kerk Boskop aan die mense van Venterskroon.

Sameroeper: Gerrit Pienaar

Matlwang

Die diensgroep ondersteun die kerkplantprojek van Gereformeerde Kerk Ikageng in Matlwang.

Sameroeper: Chris van der Walt

Promosa

Die diensgroep help om benodighede soos kospakkies en skoolbenodighede in te samel in samewerking met die diakens van Gereformeerde Kerk Promosa.

Sameroeper: Elsa Els

Ons Here, ons dankbaarheid en ons geld

Dankoffers (gewoonlik “kerklike bydraes” genoem) en die liefdegawe (gewoonlik “kollekte” onder die erediens genoem) is geldelike bedrae, wat ek as deel van my totale diens aan die Here, gee.

Wat is geldelike dankoffers en liefdegawes?

Dankbaarheid is die kern Bybelse motivering vir die gee van dankoffers en liefdegawes:

  • dankbaarheid teenoor die Here vir sy genade
    • omdat ons, verlore sondaars, deur Jesus Christus hemelse rykdom (saligheid) ontvang het (2 Kor.8:9);
    • omdat alles wat ons is en het aan die Here behoort en Hy vir ons sy gawes gee om te gebruik (Ps.24:1; Pred.5:17-18)
  • kerklike bydraes is ʼn oer van dankbaarheid om Hom mee te dien (2 Kor.9:13a). Dis hoe die Bybel oor geldelike bydraes praat (2 Kor.9:5b).

Dankoffers word aangewend in diens van die koninkryk van die Here, nl:

  • vir die voortgang van die prediking van die Evangelie en die sigbaar maak van sy verlossende genade aan mense
    • deur predikante in staat te stel om voltyds die Evangelie te verkondig tot opbou van ons gemeente (Lukas 10:7; 1 Timoteus 5:18; 1 Korintiërs 9:3-18)
    • deur die uitgawes van die gemeente te finansier
    • deur sendelinge reg deur die wêreld in staat te stel om die Goeie Nuus te versprei (2 Kor.8:1-7)
  • vir die sigbaar maak van die Here se liefdevolle heerskappy aan kerke/ (geloofs)gemeenskappe buite Die Bult
    • deur instansies in die gemeenskap of medegelowiges buite my geloofsfamilie te ondersteun (2 Tessalonisense 3:13; Galasiërs. 6:10; Handelinge 20:35).
    • deur ramings wat aan die kerkverband betaal word om bv. die versorging van afgetrede predikante, opleiding van predikante, versorging van kinder- en ouetehuise, asook die spesiale onderrig vir gestremde persone moontlik te maak. Die ramings beloop ongeveer R1430 per belydende lidmaat/jaar.

Liefdegawes word aangewend in die Christelike liefdesdiens, nl:

  • onder leiding van die diakens sorg ons vir mekaar
    • sodat niemand weens armoede, eensaamheid, ouderdom, siekte of om ander redes van ons vervreem raak nie.
  • Onder leiding van die diakens sorg ons vir ander
    • sodat ook ander mense wat in nood verkeer die liefde van Christus kan beleef.

In beide die Ou as die Nuwe Testament is die gesindheid waarmee mense dinge doen belangrik.

In 2 Kor 9 leer die Here dat hy offers uit dankbaarheid wil hê, vrywillige offers en nie offers wat afgedwing word nie.  God het die blymoedige gewer lief (2 Kor.9:7, Eks.35:5)

’n Ander belangrike konsep in die Bybel is die EERSTELING-GAWE.  Dit was in die tyd van die Ou Testament die gebruik om die eerste van die oes na die tempel van die Here te bring (Eks.13:11,12, Spr.3:9).   In die eersteling is eintlik die hele oes verteenwoordig.  Wie dus die eerste en beste vir die Here bring sê daarmee dat hy besef dat alles aan die Here behoort.

In die Ou Testament was die gee van ‘n tiende ‘n duidelike voorskrif, bv. Lev.27:30-32 en (Gen.14:17-20). 

In die Nuwe Testament word daar heelwat minder gemaak van die gee van ’n tiende.  Nêrens word die gebruik pertinent gehandhaaf of veroordeel as ’n opdrag van die Here nie.  Daar is wel aanduidings dat die Here dit nie afwys soos wat Hy van die Outestamentiese wette afwys nie. 

In die opdrag om onsself as lewende offers vir die Here te gee (Rom.12:1) vind ons die beginsel  dat nie net ’n deel van ons(ook van ons inkomste) aan die Here behoort nie, maar dat ons volkome aan die Here behoort. Ons behoort dus onsself en ook al ons besittings en inkomste te gebruik as offer aan die Here.

Teen hierdie agtergrond is die kerkraad se riglyn vir dankoffers:

  • 5% van netto inkomste per maand.
  • Studente: geskatte ramings (R140 per maand) + R250 per maand = R390 per maand
Offcanvas

GKPB Kerkraadsrekening vir dankoffers:

Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult

ABSA 670-264-661 (Tjekrekening)

Verwysing: Van, voorletters, Dankoffer

GKPB Diakonie-rekening vir liefdegawes:

Diakonie Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult

ABSA 670 280 004 (Tjekrekening)

Edit Template

Kontak Ons

WhatsApp: 067 592 7033

Erediens Tye

Afrikaans:

Sondae:

Katkisasie                        08:30

Oggenddiens                 09:30

LeerLeef aanddiens       18:00

English

Sunday

10:00

© 2025 Hosted & Developed by EntruTech